About us
LETABA SKOU TZANEEN
INTERESSANTELETABA-SKOU FEITE:
-
Die eerste skou word gehou 14 – 15 November 1952 by die einste skougronde wat ons vandag nogsteeds gebruik.
-
Die eerste skouprogram sluit onder andere die volgende aktiwiteite in:
-
Opening en verwelkoming deur die skoupresident Dr. J. Fick, die burgermeester Eerbare Claude Wheatley, Mnr. E.J. Smit – lid van die parlement vir Zoutpansberg, Mnr. Ben Vorster – Voorsitter van die Letaba Distrik Boere-unie, Len Hobson van die Letsitele Vallei boerevereniging)
-
Melk van Koeie vir kompetisie
-
Parade en lesing: Die Afrikaner Bees aangebied deur Mnr. J. le Roux
-
Fietsresies (Omtrent dieselfde roete wat die onlangse Mountain2mountain fietswedren-deelnemers aangepak het)
-
-
Op 11 Maart 1960 bewillig die Letaba Distrik Lanbou-Unie 100 pond om te heldp met problem wat op die terrein ervaar word en raak vanaf daardie punt permanent betrokke by die Skouterrein. Dit was gevolglik deurentyd ‘n gesamentlike poging tussen die Vroue Landbou Unie en die Letaba distrik Landbou-Unie
-
Op 4 Augustus 1960 beloop die Skougenootskap se slegte skuld 1400 pond – die situasie was so benard dat die 1960 uitnodiging na vergaderings lede versoek het om hul eie stoele saam te bring – aangesien die skougenootskap nie eens stoele kon bekostig nie.
-
Die hervatting van die skou op ‘n gereelde basis word hervat in 1965/66
-
Gedurende 1969 was die netto wins R2,504.00 en gedurende 1973 koop die Provinsiale Rade ‘n gedeelte van die terrein vir die nuwe pad na Phalaborwa vir R6, 000.00. In hierdie selfde tyd was Gary Player ‘n uitstaller op die skou met sy bekende “Quarter Horses”.
-
In 1979 spandeer die Letaba Distrik Landbou-Unie ‘n bedrag van R95,000.00 vir ontwikkeling wat die huidige hoofsaal A insluit. Teen 1984 is alle skulde gedelg ten opsigte van die geboue.
-
Beesstalle is in 1968 gebou. Elke beesteler finansier sy eie stalle en mnr. Llewellyn Labuschagne bou as kontrakteur 241 eenvormige stalle.
IN 2011 BEHAAL DIE LETABA-SKOU DIE VOLGENDE SUKSESSE:
-
Die bok-en skaaprasse in die ring was ‘n eerste vir Suid-Afrika
-
Die landbou-uitstallers het uitgestal tot reg by die rivier area (die ruimte is nou verder ontwikkel en uitgebrei om vir meer landbou-uistallers die geleentheid te gee om deel te neem aan die 2012 Expo)
-
Die interras-beoordeling is gedoen tussen 8 verskillende beesrasse – dit was ‘n eerste vir die skou
-
Die Vroue Landbou Unie neem saal B onder hande (vir 2012 het die VLU die saal in ‘n gepaste ‘Groen-jas’ gegee en is daar ‘n lowergroen tuin in die middel van die saal met lokale uitstallers en kunstenaars alom)
-
In 2011 ontvang ons meer as 400 Pluimvee-inskrywings (ons beoog om self meer vanjaar te ontvang)
-
2011 was daar puik arena-vermaak vir skougangers gebied en in 2012 gaan Steve en van sy musiekmakkers dit doen – hou die pers dop vir meer inligting daaroor!
-
In 2011 vermaak die nuwe buitelugafdeling jonk-en-oud, beindruk die boeredag die boere en kry die potjiekos kompetisie groot aftrek onder deelnemers en al die hulpvaardige ‘proe-ers’. Al die hoogtepunte vind vanjaar weer plaas want soos die spreekwoord lui, “one good year deserves another…”
(Inligting ontvang van Mnr. Len Hobson & Mev. Amanda Theunissen)
Total Page Visits: 3018 - Today Page Visits: 1